" Swart kop" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94705] |
Wed, 07 July 2004 21:52 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Swart kop
DJ Opperman
Daar lê waar hierdie stad sak word en roes
en afloopwaters in suur modderbelle
uit die agterbuurte van die aarde wel,
'n strooisgroot kop met hare dig en kroes
en oë soos paddastoele uit die grond.
Ek het geroepe om die kop geloop
en wou dit met die westerwaters doop,
toe sing meteens ou impi's uit die mond:
"Ek ken die aarde reeds waarop jy boer,
en wil nie by jou in jou hemel wees,
maar eerder met voorvaderlike geeste
uit die hel Unkulunkulu roer.
Gaan die wit woede van my oog verby -
jy het my kop reeds van die lyf gesny."
|
|
|